|
|
Aardklop Nasionale Kunstefees 2010's photostream |
AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES 2010
Datum:
28 September tot 2 Oktober 2010 3 Oktober 2010: Daniel Rowland met Cosa in 8 Seasons, Medumo Jazz Fountain en Die Lang Tafel
Plek:
Potchefstroom
120 km van Johannesburg en 180 km van Pretoria
Webwerf:
www.aardklop.co.za
OOR DIE FEES:
Die Aardklop Nasionale Kunstefees bied vanjaar ’n uitstaande program aan met meer as 70 produksies, wat insluit ’n opera en dans tot splinternuwe dramaproduksies van bekroonde skrywers. Gewilde produksies van ander feeste sal ook by Aardklop te sien wees soos onder meer die bekroonde ruimtelike teaterproduksie Betésda.
Met Aardklop se fokus om nuwe produksies te ontwikkel, kan gehore uitsien na produksies van drie Hertzogpryswenners: twee splinternuwe tekste geskep deur Ingrid Winterbach en Marlene van Niekerk, onderskeidelik ’n nuwe drama en ’n literêre kabaret, terwyl Deon Opperman ’n nuwe produksie gaan aanbied van een van sy suksesvolle dramas wat in 1999 laas te sien was. Pieter Fourie, ook ’n Hertzogpryswenner, se gewilde klug Die proponentjie sal ook ’n draai by Aardklop maak. Dood van ’n verkoopsman, Arthur Miller se tydlose drama, herleef in Afrikaans onder leiding van regisseur Bobby Heaney met onder andere Ben Kruger en Bettie Kemp.
Ná die sukses van die kortkomedies verlede jaar, is drie ander skrywers ingespan om die suksesresep voort te sit: Nico Luwes, Hélène Truter en Leon Kruger.
Op die Engelse front is daar twee produksies wat vanjaar by Aardklop debuteer: ’n nuwe donker komedie deur Mike van Graan en die Magnet Theatre is terug met nog ’n verrassing nadat hulle vanjaar gehore gaande gehad het met Every Year, Every Day I Am Walking. Bekroonde regisseur Sylvaine Strike, bekend vir haar magiese produksies, staan aan die stuur van die vermaaklike en ontroerende Pregnant Pause.
’n Hoogtepunt op die klassieke program is die uitmuntende Britse violis Daniel Rowland wat saam met die Chamber Orchestra of South Africa 8 Seasons gaan uitvoer – ’n program met Antonio Vivaldi én Astor Piazzolla se Four Seasons wat oral met groot lof ontvang is. ’n Bonus is die uitvoering van die Nederlandse duo Toeac wat op twee akkordeons klassieke musiek optower.
Liefhebbers van ligte musiek sal beslis nie teleurgestel word nie. Daar is a cappella-groepe (onder meer Wishful Singing uit Nederland), die groot rock- en jazzkonserte, ’n tikkie boeremusiek en Huisgenoot is terug met hul gewilde daaglikse program.
Of jy ’n ernstige hoed wil dra en of jy ’n ligter, lawwe hoed verkies – die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom se program vir 2010 beloof om iets vir elkeen se smaak te bied. Kaartjies sal van 24 Julie by Computicket te koop wees.
Contacts (0)
Aardklop Nasionale Kunstefees 2010 hasn't listed any contacts yet.
Testimonials (0)
Aardklop Nasionale Kunstefees 2010 doesn't have any testimonials yet.